Steve Hofmeyr- Engele Om Ons Lyrics

Steve Hofmeyr- Engele Om Ons Lyrics

Ek gee nie rêrig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom
Ek weet nie hoekom bly ons kwaad nie
En die ure wat ons mors daarom

Want die wêreld doen sy ding
Met of sonder ons daarin
Dis net ek en jy wat hier bly staan
In elke uur se vrees
Kon ek in jou arms wees
Maar ons verkies om ver te staan

Ek staan hier
En jy staan daar
En alles wat ons wil
Word deurmekaar
Waar’s die engele om ons?

En die son trek heeltyd water
En die ure wik en weeg
En ons liefde wat ‘n meer was
Lyk so baie anders leeg
En die son trek heeltyd water
En die uurglas loop hom leeg
Was my hart vir jou te lig gevind
Toe die engele dit kom weeg

Ek lees jou in my leë kamers
Daar’s vere op my ou matras
Ek wens ek kan dit als verander
Toe engele nog om ons was

Tagged

You cannot copy content of this page