Steve Hofmeyr- Die Kind Lyrics

Steve Hofmeyr- Die Kind Lyrics

Voor my hierdie oog,
Elke oogknip vat jou te lank weg.
Voor my hierdie mond,
Wat woorde deur my hart kan vleg.

En as jy my sou blinddoek,
Sou ek weet wie hier voor my staan
As die wonderlus jou kom versoek
Sal my wêreld sonder jou vergaan
Sonder jou vergaan…

Voor my hierdie neus,
Wat sag moet raak as ek wil weet
Hoe dit voel om jou in te asem
En ‘n oomblik binne my te leef

Voor my hierdie kind,
‘n kiekie waar ek myself droom
In ‘n tyd toe ek soos jy jonk was
En ‘n appel naby aan ‘n boom…
Naby aan ‘n boom…

Voor my hierdie kruis,
Van hande wat ek moet laat gaan,
Eendag in jou eie huis,
Die kind in jou laat leer verstaan…

Die kind in jou moet leer verstaan….

Tagged

You cannot copy content of this page