Snotkop- Dis ‘n Land Lyrics

Snotkop- Dis ‘n Land Lyrics

Gee my ‘n oomblik asseblief, laat ek vertel.
Van ‘n land waarin ek woon, drome droom, wel!
Gee my ‘n oomblik en onthou van al daai dae.
Was net ‘n laaitie in die Vrystaat op die plaas, ja!
Onthou daai dae van waatlemoen en potjiekos.
Brandewyn en Coke om die probleme op te los.
En tannie Carike op die radio wat sing.
En ons skree hard vir die Bokke om die beker terug te bring, ja!
Hierdie land, wat my geluk bring.

Dis ‘n land van kleure en klank. Dis ‘n land van oorvloed en dank. Dis ‘n land wat almal na strewe.
Dis ‘n land sonder horison en dis ‘n land wat weet hy kan. Ook ‘n blyplek neerlê vir my.

Gee my ‘n oomblik asseblief, laat ek vertel.
Van ‘n land waarin ek woon, al die drome wat ek droom, wel!
Gee my ‘n kans om te verduidelik hoe dit voel om met trots te sê ek is Afrikaans en dit te kan bedoel.
Om ‘n Bunnychow te eet en die Madiba jive te doen, die Huisgenoot, Stellenbosch, Mannetjie Roux.
Issie Cape flats, die kaptein Loftus toe.
O maak jou venster wawyd oop as jy Namakwaland toer, ek voel die wind as my land jou roep.

Dis ‘n land van kleure en klank. Dis ‘n land van oorvloed en dank. Dis ‘n land wat almal na strewe.
Dis ‘n land sonder horison en dis ‘n land wat weet hy kan. Ook ‘n blyplek neerlê vir my.

Gee my ‘n oomblik asseblief laat ek jou wys.
Hoekom noem ek hierdie crazy land nog steeds my huis.
Dis die land van goeie hoop en Tassenberg.
Die ghoema in jou bloed en die kombers oor Tafelberg.
En ek het altyd gedroom om te kan wees soos David Kramer.
En elke liewe Sondag was dit tyd vir die Onse Vader.
Seën asseblief hierdie land waarin in ons woon en al die ander mense wat soos ek van vrede droom.
En liefde volop soos die sterre in die Klein Karoo.

Dis ‘n land van kleure en klank. Dis ‘n land van oorvloed en dank. Dis ‘n land wat almal na strewe.
Dis ‘n land sonder horison en dis ‘n land wat weet hy kan. Ook ‘n blyplek neerlê vir my.

Dis ‘n land van kleure en klank. Dis ‘n land van oorvloed en dank. Dis ‘n land wat almal na strewe.
Dis ‘n land sonder horison en dis ‘n land wat weet hy kan. Ook ‘n blyplek neerlê vir my.

Ook ‘n blyplek neerlê vir my.

Tagged

You cannot copy content of this page