Jo Black – Een Klein Klippie Lyrics

Jo Black – Een Klein Klippie Lyrics

Lirieke vir Een Klein Klippie By Jo Black

Staan op, jy weet
Jy moet elke oggend hard werk om te kry wat jy wil eet
Daars hoop, bly net glo

inRead invented by Teads

Die genade kom in stukkies, dit val soos reën van bo

Staan op, daars meer
Daar is meer as een manier om al jou seëninge te meet
Bly hoop, deur die seer
Al val jy oor die klippe, bly die Here in beheer

Dit vat net een klein klippie om ‘n reus plat te slaan
‘n Klein vlam in die donker om ‘n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel, gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die helse kettings wat jou elkedag verbind
Jy moet weet, jy kan net voorentoe gaan

Staan op, nog ‘n keer
Elke lente kort die winter om die bloeisels te waardeer
Bly glo, op jou knee
Dis die storms wat jou vorm, daars nog soveel om te leer

Dit vat net een klein klippie om ‘n reus plat te slaan
‘n Klein vlam in die donker om ‘n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel, gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die helse kettings wat jou elkedag verbind
Jy moet weet, jy kan net voorentoe

Al kyk jy op en jy twyfel, en winde in die weste waai
Moet jy weet dit sal verander, soos die aarde om seisoene draai

Dit vat net een klein klippie om ‘n reus plat te slaan
‘n Klein vlam in die donker om ‘n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel, gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die helse kettings wat jou elkedag verbind

Dit vat net een klein klippie om ‘n reus plat te slaan
‘n Klein vlam in die donker om ‘n veldbrand te maak
Lig jou hande na die hemel, gooi jou sorge vir die wind
Verbreek die helse kettings wat jou elkedag verbind

Jy moet weet, jy kan net voorentoe gaan

Voorentoe gaan!

You cannot copy content of this page