Francois van Coke – Neonlig Lyrics Featuring Die Heuwels Fantasties

Francois van Coke – Neonlig Lyrics Featuring Die Heuwels Fantasties

Lyrics For Neonlig By Francois van Coke Featuring Die Heuwels Fantasties

Ek is nie doodseker nie
Maar ek dink dis nou die sesde of sewende aand in ‘n ry
Wat ek myself in ‘n koma in gaan suip

Onthou jy daai keer toe ons die tyre moes ruil in die stormreën
En ek binne-in jou was toe die son opkom
Daai somer vakansie by die see

As ek nie optel nie
Mis my net
Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop
Vir petrol
Vir petrol en ‘n dop
Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit

Ek’s gebore aan die Ooste-rand
In ‘n straat wat net soos ander lyk
In die kerkbanke groot geword
Anders as jy
Verewig in ‘n ry gestaan
Verward, jonk en rigtingloos
Alles aan toeval oorgelaat
Nes jy

Mekaar gevind onder neonlig
Liggelowiges
Verblind
Verbind

You cannot copy content of this page