Fokofpolisiekar – B2CY Lyrics

Fokofpolisiekar – B2CY Lyrics

Lyrics For B2CY by Fokofpolisiekar

in Bellville
op die strate
niks om te doen op Woensdae-aande
het gesê ek sal nie kak aanjaag nie
lê my kop neer
wil nie ophou raas nie

dit was Woensdagaand, 27 April, 1994
hy was 13 jaar oud
naïef en onbewus
maar ja …

jy behoort te weet jy kon my enige tyd
in die middel van die nag
by die vulstasie kry
’n leë coke-bottel vol petrol [
vlam-pentagram
skool-sportgrond

band-name
knipmes
skoolbank
daar was verandering in die lug
die velkleur van beheer
was die enigste verandering

harde negatiewe musiek
het my lewe gered
dit hou my kalm
soos ’n landmyn
ek bly
nou’s ek stil soos ’n bom

ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie
my ontwikkeling is onder huisarres
ons suip en naai net nie meer in parkies nie
en gaan net kerk toe as daar ’n begrafnis is

band-name
knipmes
skoolbank
dit sal nog steeds daar wees onder al die vernis
verandering is die enigste konstante
whatever

die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte
agter in tuine buig slap gerookte nekke in wendy-huise vooroor
tussen die gras wat kniehoogte is wat maagdevliese soos knipmesse insluk
is daar niks om te doen nie

You cannot copy content of this page