HAIKÜ – Wentelbaan Lyrics
Verspot gehoop toe word dit waar
My voete onder my uitgeslaan
Ek was onvoorbereid
Onkant gevang met woorde kwyt
Maar dit het beter geraak
Ons hou albei van praat
Ons vyand altyd tyd
Kan ons hoop vir ‘n ewigheid
Jy is my droom, jy’s als waarvoor ek hoop
Jy’s ver verby
Maar sal jy in my wentelbaan bly
Die mooiste mooi kom uit fonteine
Is dit dom om te hoop dat sy’s myne
Vergewe my as ek staar
My monoamines opgejaag
En ek moet bely dat
Jy is my droom, jy’s als waarvoor ek hoop
Jy’s ver verby
Maar sal jy in my wentelbaan bly