HAIKÜ – Sê Vir My Lyrics
Kan iets eindig sonder ‘n begin
Is dit eintlik hoe jy daaroor dink
Want ons gaan net aan en aan met dieselfde ding
Jou woorde weerklink nog in my gedagtes
Jy’s moeilik om te lees
Wat makeer, doen ek weer iets verkeerd
Hou vas, jy’t gesê dis die laaste keer
Of is dit klaar verby, voel jy ‘n veer
En ek onthou hoe ek jou net wou laat glimlag
En ek onthou hoe ons tyd saam vir ons als was
En ek onthou hoe perfek jy in my arms pas
Is dit nou verby
Sê vir my
As ek sê wat jy wil hoor
Sal jy ophou na my kyk met koue oë
As jy nou wegloop, wat bly dan oor
Net leë woorde, maar ek sal aanhou hoop
Ek het toe oë hierin in gespring
Maar al sien ek dat ek was blind
Wil ek net aan en aan met dieselfde ding
Jou woorde weerklink nog in my gedagtes
En ek onthou hoe ek jou net wou laat glimlag
En ek onthou hoe ons tyd saam vir ons als was
En ek onthou hoe perfek jy in my arms pas
Is dit nou verby
Sê vir my
Sê vir my