HAIKÜ – Oor Begin Lyrics
Vir jou sal ek alles terug vat
Kan ons oor begin, ek wil oor begin
Nie gedink ons staan ‘n kans nie
Nou’s hulle name my bagasie
Maar jy was altyd
Die een wat ek gehoop het sou
Meer as ‘n droom kon wees
Wat altyd
Iewers in my gedagtes te vind kon wees
Dis koud as jy alles los wat
Deur jou mure dring, tot jou binnekring
Hoekom is jy outomaties op jou eie stasie
Waar niks saak maak nie
Jy’s nog altyd
Die een wat in my drome dans
Sonder dat jy besef
Ek wou altyd by jou aansluit
As ek net die moed kon hê
Hoe nou as ons aanhou aanstap
Na ‘n nuwe ding, is dit teen jou sin
Voel soms of jy outokraties
Op jou eie klaar kies, sonder my advies
Jy’s nog altyd
Die een wat agter mure wag tot iemand jou kom red
Ek was altyd iewers gereed
As dit was wat jy wou hê