HAIKÜ – Kry Jou Daar Lyrics
My tas is gepak vir die somer
En my kamera wag vir ‘n oomblik
Om vir ons te memoriseer
Om te keer dat ons van die goeie tye vergeet
So glimlag breed
Moenie toelaat dat gister se seer
Jou lag inhibeer nie
Niks kan ons hier keer nie
(Is dit al naby?)
Ek kry jou daar
Ek kan nie langer wag
Om van die stad te ontsnap nie
Ek soek die buitelug
En die son se prikkel op my gesig
Vergeet dat tyd is skaars en verveel mekaar
Tot laat elke aand
As die selfoon sein ons verlaat
Ontdek ons meer van mekaar
Laat nag geselsies by die vuur
Saam lag is nog ‘n avontuur vir ons
Kom ons bly vir altyd hier
Waardeer die uitsig, dit gee perspektief
Moet net nie af val nie
(Is dit al naby?)
Ek kry jou daar
Ek kan nie langer wag
Om van die stad te ontsnap nie
Ek soek die buitelug
En die son se prikkel op my gesig
Vergeet dat tyd is skaars en verveel mekaar
Tot laat elke aand
As die selfoon sein ons verlaat
Ontdek ons meer van mekaar