HAIKÜ – Hart Op My Mou Lyrics
Kyk na my mou
Dis alles daar
Alles wat ek voel geopenbaar
Ek was nog nooit bang om oop kaarte te speel nie
Nog nooit probeer om dit weg te steek nie
As ek sê jy lyk mooi
Is dit wat ek dink
Vat dit vir wat dit is
As ek my naam weg gooi
Om die boodskap oor te dra
Sal jy miskien verstaan
My hart het lankal jou naam op
Ek dink aan jou as ek wakker word
En voor ek gaan slaap
Soveel vrae wat in my kop rondgaan
As jy net jou hart op jou mou ook sou dra
Dan sou ek weet waar ek staan
Partykeer dink ek, ek praat te veel
En dan wil ek die lafaard speel
Maar voor ek my oë knip
Het ek my weer kwesbaar gemaak
My mond verby gepraat
As ek sê jy lyk mooi
Is dit wat ek dink
Vat dit vir wat dit is
As ek my naam weg gooi
Om die boodskap oor te dra
Sal jy miskien verstaan
My hart het lankal jou naam op
Ek dink aan jou as ek wakker word
En voor ek gaan slaap
Soveel vrae wat in my kop rondgaan
As jy net jou hart op jou mou ook sou dra
Dan sou ek weet waar ek staan