HAIKÜ – Gee My ‘n Kans Lyrics
Kan ek praat met jou
Vertel my waarvan jy als hou
Leer my om die wêreld
Deur jou oë te sien terwyl ek kyk na jou
Die afwesigheid van diepte is ‘n plaag
Kan ons dieper as die oppervlak skraap
Gun my die kans om jou beter te leer ken
Want hierdie vreemdeling
Wil so graag alles moontlik doen
Om jou hart oor te wen
Want ek het geweet, ek’t net geweet
Jy is die een wat ek wil hê
So gee my ‘n kans om jou te leer ken
Kan jy vyf minute spaar en dan langer praat
Oor hoe dit met jou gaan en wat jy alles maak
Voor jy gaan slaap
Want die afwesigheid van diepte is ‘n plaag
En ek wil dieper as die oppervlak skraap
Gun my die kans om jou beter te leer ken
Want hierdie vreemdeling
Wil so graag alles moontlik doen
Om jou hart oor te wen
Want ek het geweet, ek’t net geweet
Jy is die een wat ek wil hê
So gee my ‘n kans om jou te leer ken