Glaskas- Goeiemôre Lyrics

Glaskas- Goeiemôre Lyrics

Die son verblind my tot ek wakker skrik
en ek groet my drome
ek groet my vrede
ek groet die realiteit.

En jy draai in my kop
terwyl die wêreld homself om my dronk draai.
En jy draai in my kop
terwyl die wêreld homself om my dronk draai.

Goeiemôre dis nog ‘n dag,
Gryp my, gryp jou, jou lig is te blou.
Goeiemôre, jy’s die rede dat ek lag.
Goeiemôre, dis nog ‘n dag sonder jou.

Dromerige geure van gister kom nou
reenboog kleure lei na ‘n pot vol van jou
en ek groet my drome,
ek groet my vrede,
ek groet die werklikheid.

En jy draai in my kop
terwyl die wêreld homself om my dronk draai.
En jy draai in my kop
terwyl die wêreld homself om my dronk draai.

Goeiemôre dis nog ‘n dag,
Gryp my, gryp jou, jou lig is te blou.
Goeiemôre, jy’s die rede dat ek lag.
Goeiemôre, dis nog ‘n dag sonder jou.
Sonder jou.
Sonder jou.

Goeiemôre dis nog ‘n dag,
Gryp my, gryp jou, jou lig is te blou.
Goeiemôre, jy’s die rede dat ek lag.
Goeiemôre, dis nog ‘n dag sonder jou.

Tagged

You cannot copy content of this page