Elizma Theron – Onthou Sal Ek Onthou  Lyrics

Elizma Theron – Onthou Sal Ek Onthou Lyrics

Dra my oor die drempel van jou hart.
Daar’s note in jou lag wat my nou vat.
Jou woorde krap die wonde van my seer.
Ek is die teiken, jy is die geweer.
Jy draai my om die pinkie van jou hand.
Daar’s spore in my hart se sagte sand.
Jou kyke soek die krake van verweer.
Ek is die grondpad, jy is die verkeer.
Verdrink my in die blou van jou oë, versmoor my met die asem van jou, mond.
Red my met die arms van jou, vashou maar onthou ek sal onthou.
Onthou sal ek onthou.
Onthou sal ek onthou …

Jy trek my om die sirkels van jou oë, daar’s woorde wat my weer in jou laat glo.
Jou hande raak my sag maar maak nog seer.
Ek is die sonlig, jy is die bewolkte weer.
Verdrink my in die blou van jou oë, versmoor my met die asem van jou, mond.
Red my met die arms van jou, vashou maar onthou ek sal onthou.
Onthou sal ek onthou.
Onthou sal ek onthou …

Jy draai my om die pinkie van jou hand.
Daar’s spore in my hart se sagte sand.
Jou kyke soek die krake van verweer.
Ek is die grondpad, jy is die verkeer.
Verdrink my in die blou van jou oë, versmoor my met die asem van jou, mond.
Red my met die arms van jou, vashou maar onthou ek sal onthou.
Onthou sal ek onthou.
Onthou sal ek onthou …
Onthou sal ek onthou.

Tagged

You cannot copy content of this page