Chris Chameleon- Klein klein jakkalsies Lyrics

Chris Chameleon- Klein klein jakkalsies Lyrics

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?

In die begin was als piekfyn
Was ek jou doring jy my rosie
En ons saam in die maanskyn

Maar toe die nugter oggend breek
Kom ons agter dat rose verlep
En dorings seer kan steek

As dingetjies krap en irriteer
Se die kopdokter daar skeel
Buiten dit wat jy sien soveel meer

Hy se dit sal help as ons twee praat
Maar sodra die tonge loskom
Raak ons weer vir mekaar kwaad

Hul se daar kom n drie jaar kramp
En as n mens dit net verby kan kom
Staan jy daarna altyd in dieselfde kamp

Maar wat gemaak met n sesweek pyn
Dis mos soos mis wat verdwyn
Nog voor die oggendson kan skyn

Tagged

You cannot copy content of this page