Chris Chameleon- Epiloog Lyrics

Chris Chameleon- Epiloog Lyrics

As die pyn en al die leed
Deur die pleister van tyd genees
En as die lag en lof in herinnering verdof
En as die rougeklaag
Mettertyd vervaag
En as die jubelklank
Verswelg deur die swanesang

As die aande op die strand
En ons wandelinge hand aan hand
In die branders van tyd verspoel
Soos ons spore in die sand
Tot die reis op die lang lang pad
Bestemmingloos verloop my skat
En op die warm swart lint
Ons die toekoms nie meer kan vind

As een, alleen
Betree ons elk die wereld
Alleen gaan ons uit
Elk op sy bestemde tyd
Verniet verniet
Die geskater en verdriet
Wanneer die na-nag kom
En ons sterretjie verskiet…

Sal ek my nooit die genot
Of die gawe wou ontse
Om ooit bemin te word
Of lief te he nie!

Tagged

You cannot copy content of this page