Chris Chameleon- Ek vir jou Lyrics

Chris Chameleon- Ek vir jou Lyrics

Is dit geluk?
Is dit dalk loon uit die pogings geput?
Of die onwrikbare mosterdsaad geloof?
Ons rots, ons liefde
Ons vredesvesting en die sekerheid:

Dis ek vir jou en jy vir my

En vir te lank
Het ek bestaan in afwesigheid van
Die gloed van die liefde
Die lig in jou oe
Jou kosbare glimlag
En ons begrip:

Dis ek vir jou en jy vir my

So glo ek in die drome
Wat die blinde nagte aan my gee
Want wat hul aan my beloof het
Is die lig wat jy in my ontwaak het

En ons kan weet
Dat ons twee bymekaar sal wees
Wanneer die einde
Die uiteindelike
Laaste nag daal
Haar mantel oor ons val
Dan weet ons steeds:

Dis ek vir jou en jy vir my

Tagged

You cannot copy content of this page