Chris Chameleon- Ek dink ek hou nog van jou Lyrics

Chris Chameleon- Ek dink ek hou nog van jou Lyrics

Vannand wil ek nie terug huistoe gaan nie
Kan ons oorverdowende swye nie verdra nie
Die stilte wat met n storm begin het
En van daar net wyer uitgekring het

Ek moet bieg ek het dit nooit sien kom nie
En die lot kyk vooruit draai ooit om nie
Nie soos ons wat net die verlede gewaar
En soos sy wederhelf in sout verstar

En ek dink ek hou nog van jou
En hou jy nog van my?
En kan jy nog onthou
Waarom ons dan baklei?

Weet nooit waar sulke dinge begin nie
En dit maak ook eintlik nooit regtig sin nie
Dalk begin dit met net een woord
Wat in die mond van liefde nie tuishoort

En verdraagsaamheid onwetend die prooi
Na die maal van die toorn uitgenooi
Om gegysel dan as ketter te brand
Vir die losprys van beginsel verpand

Tagged

You cannot copy content of this page