Chris Chameleon- Altyd tuis Lyrics

Chris Chameleon- Altyd tuis Lyrics

soekend het ek ver geloop
my kop en oe wawyd oop
neus ewig in die wind gerig
op my pad na gister en terug

my land le iewers om die hart van my
haar eggos bly my altyd by
en telkens as ek tasse pak
vat ek my land saam hier in my hart

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

die aard van my geskiedenis
wat weer en weereens herskryf is
le stof en gaar in biblioteek
en oor monumente stil gebreek

ek kyk vir tekens waar ek gaan
dat my mense ooit weer op sal staan
van ons verlede goed genees
om in die hede weer heel te wees

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

en as ek kyk hoe lyk ons nou
en my wat ons was laat onthou
sien ek in al ons handeling
die enigste sekerheid is verandering

en wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
en waar ek ookal vraend reis
die antwoord kry ek
altyd tuis

Tagged

You cannot copy content of this page