Bok Van Blerk- Die Kaplyn Lyrics

Bok Van Blerk- Die Kaplyn Lyrics

Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir more
Maar op agtien was ons almal verlore
Hoe kan ons verstaan
En wie weeg nou ons lewe
Want net God alleen weet waarvoor ons bewe
Want op agtien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby

Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Soek jy na my
Soek jy my nou in die stof en jou bloed
Jy’t gesê jy hoor hoe God na jou roep
Toe’s dit als verby…

Na al hierdie jare
Ver verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hoe kan ons verstaan
Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir die more
Net een slag toe was jou lewe verby

Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare her die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou…
En by daai muur
Staan ek vir ure
Maar waar’s jou naam nou my vriend
Kan hull nie verstaan…
Jong soldate vergaan…
Sonder rede dra hulle die blaam…

Tagged

You cannot copy content of this page