Bok Van Blerk- Afrikanerhart Lyrics

Bok Van Blerk- Afrikanerhart Lyrics

In vuur en bloed vind ek my nou
Soos elke boer en kind en vrou
‘n Oormag kwyl nou oor ons land
Staan gewapen tot die tand
Sy skadu val ‘n donker wolk
Oor die toekoms van ons volk
En veg ons nie sal ons verdwyn
By Magersfontein, by Magersfontein, by Magersfontein
Trek ons die lyn

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
My Afrikanerhart

As jy my vra sal ek jou sê
Hoë diep my hart se wortels lê
As jy my vra sal ek jou wys
Dis my grond hier in my vuis

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
My Afrikanerhart

Al breek die hel hier agter ons los
En al stort die hemel neer
Hou jou lyn en staan jou man
Dis hier waar ons hul kan keer
Staan vas Staan vas Suid-Afrika
Staan vas Staan vas Suid-Afrika

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die Vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
My Afrikanerhart

Ja as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
My Afrikanerhart

Tagged

You cannot copy content of this page