Bobby van Jaarsveld- Net vir Jou  Lyrics

Bobby van Jaarsveld- Net vir Jou Lyrics

Hoe sal jy dit, ooit verstaan as jy nie weet waaroor dit gaan.
Hoe kan jy my, so vermy as jy sê jy’s lief vir my.
Hoe kan jy dan, aanhou sê, dat jy net vir my wil hê.
Ek wil graag weet, waar ons staan, en waar ons gaan.
Want ek wag, net vir jou, net vir jou.
Kyk hier staan ek nou en wag.
Net vir jou, net vir jou.
O, ek staan en wonder, hoe kan jy dan vir my sê, dat jy my lief het.
As ek wag, net vir jou, net vir jou, om my weer vas te hou.
Hoe kan ek alles vir jou te gee.
As my hele hart vir my sê nee.
Jy sê vir my, dis als okay, en ek moet net nog langer bly.
Dan hou jy my vas en ek weet, jy het klaar van my vergeet.
Ek wil graag weet waar ons staan, en waar ons gaan.
Want ek wag, net vir jou, net vir jou.
Kyk hier staan ek nou en wag.
Net vir jou, net vir jou.
O, ek staan en wonder, hoe kan jy kan vir my sê, dat jy my lief het.
As ek wag, net vir jou, net vir jou, om my weer vas te hou.
Ek voel dit deur my are, miskien net onervare.
Maar ek kan nie langer vir jou wag nie.
Ek nie langer, nie nog ‘n dag nie.
Jy is hier, maar ek mis jou.
Want ek wag, net vir jou, net vir jou.
Want ek wag, net vir jou, net vir jou.
Net vir jou, net vir jou.
Kyk hier staan ek nou en wag, net vir jou, net vir jou.
O, ek staan en wonder, hoe kan jy kan vir my sê, dat jy my lief het.
As ek wag, net vir jou, net vir jou, om my weer vas te hou.
Om my weer vas te hou.
Om my weer vas te hou.

Tagged

You cannot copy content of this page