HAIKÜ – As Jy Sê Spring Lyrics
Ek hang aan jou woorde
Vertel my van die drome wat jy droom
Vat my met die stroom
Na die plek wat jy bewoon
Kleurvolle akkoorde
Die klank van jou stemtoon
Moet ek luister om te hoor
As jy sê spring sal ek spring
Al is die berge hoe hoog
‘n Beweging
Van wat was na dit wat is
‘n Plek vir my om weg te kruip
Maar ek hoor jou in die wind
Ek oorweeg nog soms om weg te skuif
Tog oorleef die uitnodiging
Wie’s daar, wie’s daar
Wie hou nogsteeds aan
Om my kop op te lig
Die kommentaar op my gedagtes
So gemaklik te oorbrug
As jy sê spring sal ek spring
Al is die berge hoe hoog
‘n Beweging
Van wat was na dit wat is