Robbie Wessels- Waar lê Jy Vanaand? Lyrics

Robbie Wessels- Waar lê Jy Vanaand? Lyrics

Dink jy ook aan my soos ek vannand aan jou dink
Weet jy ook dat ons mekaar eers later moes raakdrink
Tel jy ook soos ek vanaand die aande wat oraait was
Besef jy ook ons hou mekaar nog vas

Wat maak jy vanaand as ek na Koos Doep luister
Maak jy jou paaie opdraend, raak jy die paaie byster
Teen my wil, mis ek jou vanaand

Koor:
Waar le^ jy vanaand? Waar le^ jy vanaand?
Le^ jy langs iemand?
As jy doen, moet my nooit vergeet nie
As jy doen, wil ek nie daarvan weet nie

Saam met jou wense, daar was nie soveel vrees nie
Sonder jou wense, jy was nooit daar gewees nie
Ek wou jou nooit seermaak, en jy ook nie vir my nie
Ons was dalk net te lief vir mekaar

Maar ek hoop ek loop jou raak, weer eendag in die somer
En ek hoop jy ruik soos gister, en ek hoop jy bly ‘n dromer
Hoekom dink ek elke uur aan jou?

Koor:

Woorde & musiek – Robbie Wessels

Tagged

You cannot copy content of this page