Robbie Wessels- Pieter Van Zyl Lyrics

Robbie Wessels- Pieter Van Zyl Lyrics

1891, New Zealand Oos het ‘n referee ontstaan
hy’s geprogrammeer, om ‘n bok te keer
en te bedonder waar hy kan

sy kop is van hout, die reageer op ‘n springbok se fout
en die bokke raak benoud
die ref voel fokol vir die groen en goud

o, referee, referee, my arme broer
gaan sukkel met almal maar pasop vir ‘n boer
want met klipdrift en coke word hy daagliks gevoer
en as ietsie hom pla dan staan hy reg om te moer

Pieter Van Zyl, Potchefstroom, het ‘n bokkebond gestig
hy’t vas besluit, ‘n ref sal skyt
wat sy hand vir ‘n springbok lig

brandewyn op die trein, het die manne gebruik vir die pyn
en Pieter se groot vriend Steyn
het hom gedare dat die ref verdwyn

o, referee, referee, my arme broer
ons het jou gewaarsku, pasop vir ‘n boer
want ‘n boer het daai ding om ‘n ref te wil moer
veral as sy vriende hom ‘n brandewyn voer

1652, Securicor, het die bokkebond gaan lê
Piet Van Zyl, het sag gehuil
en vir sy liefste vrou gesê

pak al jou goed, om gaan verdrink in die bokke se bloed
maar sy vroutjie sê met moed
Cornè Krige se wraak is soet

o, referee, referee, my arme broer
gaan sukkel met almal maar pasop vir ‘n boer
want met klipdrift en coke word hy daagliks gevoer
en as ietsie hom pla dan staan hy reg om te moooooeeeer..

Woorde en musiek: Robbie Wessels
Tabber: [email protected]

Tagged

You cannot copy content of this page