Piet Botha- Die Gipsy In Jou Oe lyrics

Piet Botha- Die Gipsy In Jou Oe lyrics

Ek hou nogal van jou
En jou liggaam is okay
Die plek waar jy nou woon
Is nogal nice vir my
Dis fine as jy hier rond is
Ek like jou, dit kan jy maar glo,
Maar ek’s eintlik verlief
Op die gipsy in jou oe

Daar’s altyd koffie op jou rak
En lekker goed in jou kombuis
Jy maak my stadig mak
Maar ek raak net meer uitgespace
Hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol
Saam, tot waar ons so windvry kan wees
Voels wat ver vlieg
Soos die gipsy in jou oe

Ek’s crazy, crazy, crazy
Al my vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou oe

Elke mens het ‘n obsessie
En myne is nie jy nie
Maar troos joun daaraan, donker kind
Ek hoef nie verder te ry nie
Want iewers tussen ons
Maak ‘n fantasy my skoon bewoe
Dis daai vreemde mens diep in jou
Dis daai gipsy in jou oe

Ek’s crazy, crazy, crazy
Al my vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou oe

Jy dink dat ek jou liefhet
Want ek volg jou waar jy gaan
Maar ek wag vir daardie oomblik
Total eclipse van son en maan
Magic van onder of van bo
Ja, ek hou die heel aand dop
Vir die gypsy in jou oe

Ek vra my dikwels af
Waar die wonderwerk vandaan kom
Is dit wingerd in die Boland
Of ‘n mite in beton?
Hoe kan jy so ver wees en
So naby tegelyk
Ja so ‘n raaisel van : Tweeling?
Wie is die gypsy in jou oe

Tagged

You cannot copy content of this page