TWEE – Piekniek Vir Twee Lyrics

TWEE – Piekniek Vir Twee Lyrics

Lyrics For Piekniek Vir Twee By TWEE

Ek sal nou alles, alles kan gee
Vir skadu onder die Perske Boom,
‘n Piekniek vir twee.

Hoe lyk jou middag
En waar wil jy wees?
Vertel van jou oorwinnings
Ek ken al die vrees.

Ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet.
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê.

Ek dink ons moet plaas toe gaan
Al stof in jou hare en sweet op jou wang
Ek sweer ek is lief vir jou.
En ek reken jy weet
Ek verlang net so bietjie na alles van ons twee.

En ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet.
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê.

Onthou jy daai oggend met die donderweer?
Jy’t vasgeklou aan my lyf
Ons was toe een.

Jou glimlag red lewens
Wel, myne beslis.

Ek wens ek kon verduidelik hoe baie ek jou mis.

En ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet.
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê.

So het jy gesê.

Ek sal nou alles, alles kan gee
Vir skadu onder die Perske Boom
‘n Piekniek vir twee.

You cannot copy content of this page