Refentse- Baby wat eet ons Vanaand? Lyrics

Refentse- Baby wat eet ons Vanaand? Lyrics

Lyrics to Baby wat eet ons Vanaand? By Refentse

Ek wonder hoveel keer
het ek jou tas gedra
Ek wonder hoeveel keer

was daardie las te swaar
Ek wonder hoeveel dae
het ek gewens jy was daar
Ek wonder oor ons dae
en of ek jou op my hande kan dra
Ek wonder oor die skare
wanneer die storms bedaar
Ek wonder oor die skuld
en die tannie van die bank wat pla

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan
en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
het ek jou gevra:
Baby, wat eet ons vanaand?

Ek wonder in hoeveel tale
sou ek vir jou kon vra
Of sommer in gebare
sal my hande die boodskap dra
Ek wonder hoeveel liefde
dit wil ek vir jou nog vra
Ek wonder oor jou woorde
die wat my hart laat stop

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan
en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
het ek jou gevra:
Baby, wat eet ons vanaand?

(Spoken)
Ek wonder waars sy nou
en of ek steeds van haar hou
was dit toe Piet of Jacques of die engelsman Brandon wie sy smaak.
Wie ookal hy is
hoop ek was beslis
n romantikus.
Ontvang sy n puk op elke wang
elke oggend
of selfs n “Baby ek gaan jou mis”?

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
en my hart verlang na haar
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan
en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
of was dit nie te laat

Maar ek onthou nog daardie boekie
Met ons lawe liefdes briefies
In die winter maand as die son hier wil staan
en my hart verlang na jou
Wanneer tyd vergaan bly my liefde staan
en kyk dis klaar weer sekelmaan
Was dit nie te laat
het ek jou gevra:
Baby, wat eet ons
vanaand?

You cannot copy content of this page