Randall Wicomb – Duitswes Wals Lyrics

Randall Wicomb – Duitswes Wals Lyrics

Lyrics For Duitswes Wals By Randall Wicomb

Duitswes is lekker, Duitswes is goed.
Duitswes is vol van die boertjie se bloed.
Al trek ons sonder water, en trek ons sonder kos.
Dan weet ons die boertjies die gaan ons verlos.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Ons kommandantjie is ‘n klein Joubert.
Hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver.
Hy trek deur die bosrand met ‘n grote gevaar.
Ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Klein kommandantjie en ‘n groot generaal.
Hulle trek met ons daar uit ou ver Wes Transvaal.
Ons drink eers ‘n sopie, dan gaan ons weer weg.
Dan gaan ons ook moedig teen die platpote veg.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

My diertjie die huil nou, haar hartjie die blus.
Haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes.
Duitswes word donker, Duitswes word goed.
Duitswes word donker, van die Germanse bloed.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die moi rok, dis die rooi rok wat swaai.

Dans met die rooi rok, die hartlam van my.
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai.
Dawid de Lange se orkes, Haai! Haai!
Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

You cannot copy content of this page