Leah – Volmaan Lyrics

Lyrics For Volmaan by Leah

Ek was gevind maar verlore
Ek was al hier van tevore
En dit speel weer voor my af
En ek weet hoe dit gaan eindig vanaand

Jy kan maar weet daar’s geen woorde
Al die praat is nou verbode
Hou my vas en trek my nader
Eerder nou as bietjie later vanaand

Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

Dit verskyn uit die nêrens
Dis nou dit kom van êrens
Dis ‘n wete met verskil
Dis ‘n wil‐jou‐nooit‐weer‐los‐nie gevoel

Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

En dit maak nie regtig sin nie
Weet nie waarom te begin hoe ek voel oor jou
Is ons liefde net ´n oomblik wat sal ophou in ´n oogwink as ek praat met jou

Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê

Read previous post:
Bok van Blerk - Sing Afrikaner Sing Lyrics
Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing Lyrics

Lyrics For Sing Afrikaner Sing by Bok van Blerk Jy mag niks meer sê, jy is klaar gepraat Dis n...

Close