Fokofpolisiekar – Selfmedikasie Lyrics

Fokofpolisiekar –  Selfmedikasie Lyrics

Lyrics For Selfmedikasie By Fokofpolisiekar

Daar is vrees
In my pa se oë
Sy gewete brand soos tyres
‘n rooksein na daarbo

Ons is almal in dieselfde boot
Vasgeketting aan die aarde en ons fok net voort
Dinge verander
Dinge verander
Dinge verander nie

Waar bly jy?
Jy bly stil!
Wat sê jy?
Sukkel om jou te hoor!
Bo die kakofonie
Deur die lugbesoedeling
Sukkel ek om jou te sien

Selfs met die
Selfmedi… Selfmedikasie
Selfs met die
Selfmedikasie

Daar is hoop
In my ma se hart
Haar geweer is soos ‘n swerm
‘n noodkreet na daarbo

Ons is almal in dieselfde boot
Vasgeketting aan mekaar en ons fok net voort
Mense verander
Mense verander
Maar Jesus nooit

Waar bly jy?
Jy bly stil!
Wat sê jy?
Sukkel om jou te hoor!
Bo die kakofonie
Deur die lugbesoedeling
Sukkel ek om jou te sien

Selfs met die
Selfmedi… Selfmedikasie
Selfs met die
Selfmedikasie

Jissis party dae voel dit vir my asof ek dit nie gaan maak nie
En dan kan ek nie verstaan hoekom jy vir my kwaad raak nie
Hoekom ek nie kan onthou om die bed weer op te maak nie
Hoekom ek bang is iemand breek in terwyl ek nie daar is nie

(Waar bly jy?)
(Bellville)
(Waar’s dit?)
(Dis daar langs die N1 naby Durbanville)

You cannot copy content of this page