Fokofpolisiekar- Ek is cool (ons is fukt-up) Lyrics

Fokofpolisiekar- Ek is cool (ons is fukt-up) Lyrics

Lyrics For Ek is cool (ons is fukt-up) by Fokofpolisiekar

as ons skip aankom
dan brand ons dit af
ek sal dan bly lê en slaap
die hele ongoddelike dag
ek hoop jy dink nog ek is cool

ek het sleg gevoel
toe vergeet ek daarvan
jy lyk goed
ek was verlore
nou’s ek deurmekaar
jy lyk nog steeds goed
ek hoop jy dink nog ek is cool

want ek voel lekker fukt-up

weer vasgevang in die voorstede
net nog een van die massa histerie
ry elke dag verby waar die tiekiebokse was
ons was lekker fukt-up

ons was hart
ons was roes
ons was herfsblare
ons was lippe
ons was blomme
ons was gloei
ons was aande na home cell
ons was kick flip by die trappe af na koffiekroeg
ons was punk-rock by Danie Uys Park
nou net ’n knik in die supermark
groet
ek wil dit nie erken nie
het niks om vir jou te sê nie, maar
ek hoop jy dink nog ek is cool

stap verby waar jou pa homself geskiet het
by die motorhuis waar sy haar kinders vergas het
ons is lekker fokn fukt
in die voorstede
probeer die gruwel van ons kinderdae
herleef deur ons kinders daar
in die voorstede

ons is lekker fukt-up

You cannot copy content of this page