Glaskas- System Lyrics

Glaskas- System Lyrics

As alles om jou giftig is,
het mens nodig tot niemand regtig sal wees,
en as alles om jou stukkend is,
is dit moeilik om te glo jou hart’s nog heel.

En die man wat met lee oe dwarsdeur my staar,
se lyf is gebuk onder die vrae.
En die man wat met lee oe vir ‘n bietjie kleingeld vra,
is eintlik net soos jy, maar sien jy dit raak?

(Chorus)
Ek het jou net so nodig soos jy vir my.
Ons almal baklei teen die system maar
die system is die bakleiery en
sien jy, sien jy, sien jy dit raak

As alles om jou giftig is,
is dit moeilik om jouself te wees.
En as alles om jou donker is,
is dit moeilik om te onderskei tussen reg en verkeerd.

Lyk my voorgee dat alles goed gaan was nog altyd in die mode,
en dis nie seisoens gebonde nie.
O ek voel veels te sober midde van n’ wereld so ontnugter,
en hoekom lyk jou oe glad nie wakker nie?

(Chorus)

Wat sien jy raak as al jou antwoorde opraak?
Wat sien jy raak wanneer jy oe toegeknyp
koes vir die ligte van die ambulaans
wat te gemaklik aanhou glo in ‘n tweede kans?

(Chorus)

Tagged

You cannot copy content of this page