Glaskas- Rigtingloos Lyrics

Glaskas- Rigtingloos Lyrics

Word jy ook soms wakker en wens die dag was verby.
Ek’s seker jy sukkel ook soms om jou kop leeg te kry.
Verstaan jy die kleur van die woorde,
Se jy verstaan my.

Waarheen jaag jy, hoe kan ek tyd vir jou laat stop
Hier staan ek alweer
Volmaak in tekortkoming en voel net nog leër
Maar telkens is jy die bestemming van hierdie hartstog.

(Chorus)
En nou skielik, na al hierdie tyd
Sien jy hierdie fliek is jou werklikheid
En sukkel jy om die regte dialoog te skryf
My woorde kom verkeerd uit, my woorde kom verkeerd uit en
Gee my ‘n nuwe geleendheid,
Ek hou nie meer van hierdie karakters en al nie en
Ek weet nie wat het van my geword nie.
Ek het heeltemal vergeet hoe dit is om rigtingloos te wees.

Wonder jy ook soms hoekom jy so hard baklei
Maar hou jy aan voel ten spyte van seerkry
Want om te voel is darem iets
En dit is gewoontlik beter as niks

Verstaan jy nie die snak na asem, verduidelik dit vir my
Hier staan ek alweer
Volmaak in tekortkoming en voel net nog leër
Maar telkens is jy die bestemming van hierdie hartstog

(Chorus x 2)

Tagged

You cannot copy content of this page