Glaskas- Ps!3s (Science) Lyrics

Glaskas- Ps!3s (Science) Lyrics

Ek soek nie na die plek
sonder reëls nie.
Ek soek net na die plek
sonder doellose grense.

Dis nie asof ek nie omgee nie
maar ek gee net om
oor dit wat saak maak.

Daar’s so baie goed wat saak maak
en daar’s so baie idees wat in mense se gedagtes brand
waarvan niemand ooit sal weet nie.

Daar’s so baie goed wat saak maak
en daar’s so baie idees wat in mense se gedagtes brand
waarvan niemand ooit sal weet nie.

En ek sal jou so graag wil vertel van die plekke
wat ek in my gedagtes sien
maar dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie.
Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie.

Somtyds voel my drome
so nutteloos.

Maar so baie drome
gaan verder
as die sterre.

En het jy al ooit gedink
hoe groot is ons wêreld
as jy ons almal se drome aanmekaar weef.

Want daar’s so baie mense wat wegkruip
en daar’s so baie drome
wat middeldeur breek.

Want daar’s so baie mense wat
en daar’s so baie drome
wat middeldeur breek.

Ek sou jou so baie graag wou vertel
van die plekke wat ek in my gedagtes sien.
Want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie.
Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie.

En somtyds voel ek net so hulpeloos
ek voel hulpeloos
en somtyds voel ek net so hulpeloos
ek voel hulpeloos
Hulpeloos.

Ek sou jou so graag wou vertel van die plekke
wat ek in my gedagtes sien
want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie.
Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie.

En ek sou so graag wou hê
dat jy moet sien hoe lyk die woorde wat jy sê
wanneer hulle met my gedagtes speel.

Tagged

You cannot copy content of this page