Glaskas- Golflengte Verkeerdom Lyrics

Glaskas- Golflengte Verkeerdom Lyrics

Soms kom die twyfel terug en dan wonder ek wie ek is en
Jy het dit mos nooit van my verwag nie
Almal lyk dan so gelukkig
Het jy al jouself gevind?
Vermy jy net die waarheid? Of is jy regtig blind?

En dis te maklik om goed te doen wat
Niks beteken nie net om almal tevrede te stel
En dis te maklik vir almal om alles prys te gee
Ter wille van ‘n onvervulde self
Want glimlag vir ander mense en nooit, ooit huil nie
Solank jy net nie in die spieël hoef te kyk nie

Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is “Hoekom?”
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan

Alles draai presies uit soos wat ek
Dit nie voorgestel het nie en
Ek wens ek kon myself weer vind
Tussen alles wat so onnodig,
Maar onvermydelik is

Want dis te maklik om goed te doen wat niks
Beteken nie, net om jouself te laat geld
Dis te maklik vir almal om
Hartgebroke voor te kom
Sodat jy ook jou storie kan vertel

Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is “Hoekom?”
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan

As daar dalk ‘n luisteraar daar buite is
Wat weet wat die antwoord is
En as daar dalk iemand daar buite is
Wat kan onthou wat die vraag is –
Bel, en sê vir my jy het dit gekry en
As ek nie beskikbaar is nie
Los ‘n raaisel na die sein

Maar ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is “Hoekom?”
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan

Tagged

You cannot copy content of this page