Glaskas- Geagte Meneer Die President Lyrics

Glaskas- Geagte Meneer Die President Lyrics

a dankie meneer die president, dit gaan goed met my.
Ek is so bly dat u kon vra.
Dit gaan nou darem nie so goed nie soos daar by u nie
Oo ek wens u van was nog Mandela.

Want sien ek is nie elke tweede week oorsee nie
Nee, ek bly hier in Suid Afrika.
Ja dit is sover steeds ons land se naam, ja ek bly hier,
Ek sit in die skool en word opgevoed ter deur OBE (Outcome-based education)

Chorus
Meneer die president ek klink seker baie negatief
Maar hierdie land van ons het ek verskriklik verskriklik lief
Daarom skryf ek nou aan u hierdie brief
Of wat jy dit ookal wil noem.
Al wat ek vra is dat u iets, iets begin doen.

Ja meneer die president
My bors bult nog steeds van trots,
En ek sing ons volkslied uit volle bors.
En ek eet so lekker aan “Proudly South African” kos

Maar wat van al die mense wat nog in shacks moet bly
Terwyl u massiewe luukse voertuie ry?
En wat van mense soos ek wat gaan sukkel om werk te kry?
En waarom betaal jy so baie as jy sit in ‘n vliegtuig?

Chorus

Tagged

You cannot copy content of this page