Glaskas- Die Revolusie Sonder Rede Lyrics

Glaskas- Die Revolusie Sonder Rede Lyrics

Sewe duisend stemme skree dieselfde hol simbole
en niemand stel belang in die tekens van die tye nie
die man op die tv mompel duidelik die woorde
dis die tydskrif wat alweer teen aard verhitting waarsku

maar almal bou te hard aan die wereld wye wrywing
moet tog net nie probeer om dit te keer nie

Dis die revolusie sonder rede
en dit alles kom tot niks
maak niks dan meer saak nie
solank dit net goed lyk in die oe van die aanskouendes
want almal huil
want almal huil

Almal lag te hard om werklik te luister
na die belaglike toestand
knyp net jou oe toe en verwens die duister
koes vir die weerkaatsing van jou gesig
in die trane van die kind met die geweer
maar sal iemand dit keer?
dit is jou reg
maar is dit reg om als te ignoreer?

Dis die revolusie sonder rede
en dit alles kom tot niks
maak niks dan meer saak nie
solank dit net goed lyk in die oe van die aanskouendes
want almal huil
want almal huil

Dis die revolusie sonder rede
en dit alles kom tot niks
maak niks dan meer saak nie
solank dit net goed lyk in die oe van die aanskouendes
want almal huil
want almal huil

Tagged

You cannot copy content of this page