Chris Chameleon- Weer Bymekaar Lyrics

Chris Chameleon- Weer Bymekaar Lyrics

Jikkels ek’s in my skik
Ek het my boeglam geskrik
Dog dis klaar dis neusie verby
Dog dis die einde van jou en van my

Hiert my lief dit was amper
Amper dryf ons skip sonder anker
Met die wind heel uit ons seile
Van mekaar verwyder met myle

Dit was byna so hitete
Te perd is goed maar nie te te
Te laat te moeg te siek en sat
Te kronkelend opdraende pad

Maar ons is weer bymekaar!

My eie geselskap is goed
Maar joune is tog soveel beter
Ek’s gelukkig alleen as dit moet
Maar met jou is ek tog soveel beter

Tagged

You cannot copy content of this page