Chris Chameleon- Vertrek Van Die Twaalf Lyrics

Chris Chameleon- Vertrek Van Die Twaalf Lyrics

Moenie vir my se
Wie ek is nie
Want ek weet wie
Weet jy dan nie?
En jou vertoe
Dat ek in jou moet glo
Val op die dowe ore
Van die een waarin jy nie glo

Stemme verhef
Deure wat klap
Swart atmosfeer
Het oor ons huis toegesak
Waar is die lag?
Waar is die lig?
Wens ek wis wat dit is
Wat ons vrede hier ontwrig

En ek weet nou
Wat die waarskuwing was
Die woorde wat geval het
Toe ons in die ban was
Van die woede wat ons dwaas
In ons vasgebind het
Die woorde wat onvanpas
Hul weg uitgevind het

Die swaard maak seer
Wonde genees
Maar wat gebeur
As woorde die hart kneus?
Lank na die tong
Rus in sy skede
Ontkom die liefde
Aan onherstelbare gebreke…

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Ek’t op soek gegaan na die antwoord
Op die vrae oor die aard van wat ons
Rus en vrede verstoor
En dit lyk my dit hang saam
Met die vertrek van die twaalf letters
In liefde en respek.

Tagged

You cannot copy content of this page