Chris Chameleon- Taal van die liefde Lyrics

Chris Chameleon- Taal van die liefde Lyrics

my taal die word nie meer gepraat nie
ek hoor haar klank nie meer op straat nie
sy word aan bande
gele dis seker
oor die skande
van haar sprekers
my hart het in my taal groot geword
daarsonder skiet my gevoel te kort
my leed en hoop in klank vervat
die melodie van haar woordeskat

en as ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

die verlede eis nog steeds sy tol
hande met die bloed van onskuld vol
as die toekoms breek onthul die oostergloor
die nag van vereffening het dalk n taal vermoor

as heel die wereld een taal praat
tot net een uitdrukking in staat
die klank en kleur van elke mens
deur die eggo van n enkele lied begrens

dan sal ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

en wanneer ons nie meer kan praat nie
en gesprek nie meer by spraak kan baat nie
dan sien ek in jou oe die taal
wat al wat n mens is kan verstaan

dan sal ek droom
dan droom ek in my taal
en as ek saans voor ek gaan slaap
met my god praat dan praat ek in my taal
hy verstaan

Tagged

You cannot copy content of this page