Chris Chameleon- Soen Lyrics

Chris Chameleon- Soen Lyrics

Kan jy my van nou die aand onthou?
Want ek onthou jou!
Kan ek jou met my geheim vertrou?
Kan jy geheime hou?
Ek het jou gesien en sedertien
Wil ek jou weer sien want
Jy’s die vergestalting van my mooiste drome

Nou’t ek jou nommer en wil jou bel
Dalk moet ek eers tot tien tel!
En ek wonder hoe ek dit moet stel
Hoe sal ek dit dan vertel?
Ek begin te bloos nog voor ek kan praat
O! rooigesig verraad!
Want jy’s die vergestalting van my mooiste drome

En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp en jou soen

Jy’t gedink dis vreemd dat ek jou bel
Ek was bly jy’t opgetel
Jy’t ingestem om uit te gaan
En ek was oor die maan
Ek kon my groot geluk nie glo
Iemand hou van my daarbo
Want jy’s die vergestalting van my wildste drome

Toe’t ek jou met die rooi motor gaan haal
Blink vosperd met n nuwe saal
Met n bos vol blomme voor jou deur kom staan
Uitgevat en oorgehaal
Maar toe jy daai deur oopmaak
Het ek amper agteroor geval
Want jy’s die vergestalting van my mooiste drome

Tagged

You cannot copy content of this page