Chris Chameleon- Om te verdaag Lyrics

Chris Chameleon- Om te verdaag Lyrics

donker nag en dit was laat
sy het my wakker gemaak
en gese: ek moet hier ver weg gaan
ek kan nie meer in vrees lewe nie
ek kan nie meer agter die toe deure nie
en my huis het in n tronk ontaard

en kom jy saam
of laat jy my jou verlaat

en sy se:
ek het jou lief
en al die vrugte van my bestaan
is joune as jy saam
sal kom kan ons opnuut begin
voor ons alles en mekaar verloor
kom ons begin elders van voor

ek het gevra dat sy moet wag
wag op n nuwe dag
dat ek oor my antwoord kan besin
toe die afrika oggend in die ooste breek
het ek my antwoord goed geweet
en met sorg in my hart lig ek haar toe in

ons almal weet
die waarheid maak soms seer

en ek se:
ek het jou lief
en al die vrugte van my bestaan
is joune maar ek kan nie saam weggaan nie
sonder my wortels in die grond
waarvandaan ek kom
kan ek nie vrugte dra nie
ek kan nie doen wat jy my vra nie

sy se toe vir my:
dan moet jy alleen hier bly

hierdie land het ons liefde verongeluk
hierdie land is my moeder en my pa
en my beminde

Tagged

You cannot copy content of this page