Chris Chameleon- Lucille Lyrics

Chris Chameleon- Lucille Lyrics

omdat jy beter weet
is ek geneig om my te steur aan die wyshede wat jy uiter
en omdat ek weet jy weet
is ek geneig om jou in alle sake van belang te raadpleeg

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy vir wie ek vra

as jou gewete meen
dat jy my van rade bedien sou wou ter wille van my welstand
mag ek jou beleefd smeek
om tog gehoor te gee an my partydige mymeringe

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy vir wie ek vra

as jy my se dat jy dit nie waarlik in jou hart voel nie
sal ek jou se dat jy dit nie waarlik bedoel nie
of hoe?
jy is tog vry
om met my te kan

jy kry my dikwels vas
en dis daarom dat ek jou grepe respekteer
en jou desnieteenstaande nie vermy nie

as ek jy was
het ek my dit veroorloof om te leef in die geloof
dat ek bemind is

lucille
jy wat altyd beter weet
lucille
jy na wie ek vra

as jou raad is dat ons twee nie saam kan wees nie
kan ek nie anders as om vanand my nie aan jou te steur nie
of hoe?
jy is tog vry
om met my te kan

Tagged

You cannot copy content of this page