Chris Chameleon- Apie Lyrics

Chris Chameleon- Apie Lyrics

daar’s n apie wat nooit slaap nie
wat heeldag en heelnag in my kop rondbons
en hy hou my dikwels wakker
hy’s n nikswerd bakoor rakker
as hy so bons

en ek kan hom nie keer nie
hy wil hom nie aan my steur nie
kan my apie nie beheer nie o wee

almal het n apie
dis daarom dat die plek lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie

daar’s n apie in n hokkie en daai hokkie
is my koppie wat soms bons
en daai apie speel toktokkie
tokkel heeldag met sy klokkie
as hy so bons

en daai apie hou nooit op nie
om my wereld om te dop nie
kan daai apie net nooit stop nie
hier gaan ons weer

almal het n apie
dis daarom dat die wereld lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie

daar’s n ou man by
wie ek altyd goeie raad kry
hy se vir my
as ek daai apie stil wil kry
hoef ek nie verder te soek nie
vir n apie muti nie
want apie sal verdwyn
as ek tyd maak vir stiltetyd

almal het n apie
dis daarom dat die wereld lyk soos hy lyk
almal het n apie
en niemand kry sy apie om te wyk nie
almal het n apie
niemand word nie gepla nie
niemand het nie n apie nie
wat nie amok wil maak nie
almal het n apie
moet my nie so aangaap nie
jy het ook n apie
kom bring gerus jou apie
ons hou n apie paartie

Tagged

You cannot copy content of this page