Bobby van Jaarsveld Lyrics

Bobby van Jaarsveld was op 6 Maart 1987 gebore, en is die middelkind van 3 kinders. Hy het sy professionele sangloopbaan aan die einde van sy Graad 11 skooljaar begin toe hy sy eerste platekontrak aangebied was. Hy het op 7 Januarie 2011 getrou met Anna Rheeders. Hulle het twee seuns, Sion en Leben

obby se album, WAT GELD NIE KAN KOOP NIE, het binne twee weke na vrystelling in Oktober 2012 platinum status met verkope bereik.

Albums:
2006 Duisend Ure Vrygestel – Goud Status + 30 000 eenhede verkoop
2009 Net Vir Jou – Dubbel Platinum Status + 83 000 eenhede verkoop
2012 Wat Geld Nie Kan Koop Nie – Dubbel Platinum Status + 80 000 eenhede verkoop

Toneelspel:
Liefling ~ Die Movie (manlike hoofrol)
Die rolprent was in November 2012 vrygestel en het alle Suid Afrikaanse rekords vir ‘n Afrikaanse rolprent gebreek. Bobby het die manlike hoofrol in die rolprent vertolk – as ‘n jong student wat verlief word op sy professor se dogter. Dit was ‘n musiekblyspel en die vervaardigers het van Suid Afrika se mees gewilde sangers en akteurs ingespan in die rolverdeling.

2013 As Jy Sing (manlike hoofrol)
Bobby is nog ‘n manlike hoofrol aangebied in die Afrikaanse rolprent –
As Jy Sing – wat in November 2013 in teaters vrygestel word. Dit is ook ‘n musiekblyspel en weereens word beide sangers en akteurs ingespan vir die rolverdeling. In hierdie rolprent vertolk Bobby die rol van ‘n onderwyser.

Teater produksies:
Na die wegholsukses van Liefing – Die Movie, het die vervaardigers die storielyn omskryf vir ‘n teaterproduksie. Die vertoning het uitverkoop en was ‘n reuse sukses met ‘n verstommende 38 000 kaartjies verkoop. Aanhangers het so ver as 1500 km gereis om die produksie te sien en dring daarop aan dat verdere vertonings geskeduleer moet word. Bobby het die manlike hoofrol vertolk in die produksie.

2014 DROOMKIND – Die storie van Josef
Getrou aan die lewe van die Bybelse Josef, speel DROOMKIND af op Verneukpan in die Karoo, waar Jakob en sy seuns met skape boer. Bobby vertolk die hoofrol van Josef

Bobby van Jaarsveld Albums

Bobby van Jaarsveld Lyrics - by Popularity

Read previous post:
Karlien van Jaarsveld - Dans In Die Reën Lyrics
Karlien Van Jaarsveld – Sing Vir Liefde Lirieke

Lirieke vir Sing Vir Liefde by Karlien Van Jaarsveld My vriende, dis tyd om te lewe As ons net mekaar...

Close