Arno Jordaan- Engele Lyrics

Arno Jordaan- Engele Lyrics

Die tyd is nou verby.
Jou hande is nie warm nie, jy kan nie langer bly.

Jou oë het my gegroet.
Ek wil jou nie so los nie, maar die lewe sê ek moet.

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was.
En ek maak jou aan my hart se ritme vas.

Want daar is Engele, wat waak oor jou, wat jou hand in die lig en donker vashou.
Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan.

En die tyd sal my net liewer maak vir jou.
En die jare sal ons drome verder bou.

Instrumenteel

Gesigte teen die muur.
Die drome van ons ure saam, is elke oomblik hier.

Die dag het jou kom haal.
En om jou weer te sien sal ek met als in my betaal.

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was.
En ek maak jou aan my hart se ritme vas.

Want daar is Engele, wat waak oor jou, wat jou hand in die lig en donker vashou.
Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan.

En die tyd sal my net liewer maak vir jou.
En die jare sal ons drome verder bou.

Die tyd is nou verby.
Jou hande is nie warm nie, jy kan nie langer bly.

Jou oë het my gegroet.
Ek wil nie van jou weggaan nie, maar die lewe sê ek moet.

Ah…Jy, jy

Engele wat waak oor jou, wat jou hand in die lig en donker vashou.
Daar is Engele wat by jou staan, wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan.

En die tyd sal my net liewer maak vir jou.
En die jare sal ons drome verder bou.

Tagged

You cannot copy content of this page