Al Debbo- Hasie Lyrics

Al Debbo- Hasie Lyrics

Jou bruinoog nooi, jou donkerkop.
Jou pannekoek, jou lollipop.
Jou toetsie-toe, jou sonnestraal.
Vir jou kom ek nog haal.

Jou suikerriet, jou witbeskuit.
Jou nuwe stoof, jou moskonfyt.
Jou heuningnes, jou vleispastei.
Vir jou wil ek nog hê.

En Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?

Jou appeltert, jou mielieblaar.
Jou tortelduif, jou koringaar.
Jou sak vol goud, jou diamant.
O, ek is aan die brand.
He-he-he

Jou dadelpit, jou suikerbos.
Jou soetpatat, jou kerriekos.
Jou lekker ding, jou violetray.
Vir jou wil ek nog kry.
He-he-he

Hasie, hoekom is jou stert so kort … hê?
Hasie, hoekom is jou stert so kort … Sê vir my?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?

Jou spinnekop, jou akkedis.
Jou sprinkaan oor, jou koue vis.
Jou bitter wyn, jou pruttelaar.
En ek slaan jou in mekaar.

Jou pikswart slang, jou suurlemoen.
Jou heks se kind, jou skerpioen.
Jou krokodil, jou wilde hen.
Jou liefde wil ek wen.

En Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?

Jou bruinoog nooi, jou donkerkop.
Jou pannekoek, jou lollipop.
Jou toetsie-toe, jou sonnestraal.
Vir jou kom ek nog haal.

Jou suikerriet, jou witbeskuit.
Jou nuwe stoof, jou moskonfyt.
Jou heuningnes, jou vleispastei.
Vir jou wil ek nog kry.
He-he-he

Hasie, hoekom is jou stert so kort … hê?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
Ek weet nie?

 

Tagged

You cannot copy content of this page